Mees Algemene Vrae

Die Joburg Market, met sy R8 miljard jaarlikse verkope, verskaf ware geleenthede en dis ‘n goeie idee om die mark goed te verstaan. Vir iemand wat egter vir die eerste keer die Joburg Market besoek, of ‘n boer wat sy produkte wil verkoop, mag vind dat daar baie uitdagings is, om dit ten beste te benut. Hierdie lys van mees algemene vrae sal dalk vir jou baie antwoorde kan gee en jou goed toerus om ‘n winsgewende en genotvolle mark ervaring te hê!

Maak Alles Toe
Wie sal baat vind om by die mark te koop?

Enige persoon, winkel of organisasie wat laer pryse wil betaal en ‘n verskeidenheid van produkte en varsheid soek, sal baat vind by die mark. Gesinne, kruidenierswinkels, restaurante, hotelle, smouse, spazawinkels, welwillendheidsorganisasies en groot supermarkte koop by die Joburg Market. Enige organisasie met ‘n sentrale eetkamerfasiliteit, sal voordeel trek uit die mark. Mense wat vroeg opstaan, kan al begin koop vanaf 5 uur in die oggend tot 11 uur (of tot 10 uur in die oggend op Saterdae en Maandae).

Hoe kan die mark my as kliënt help?

Die produktemark verkoop meer as 120 verskillende produkte. Die pryse is laer as dié by supermarkte en daar is ‘n groter keuse van gehalte en produkte grootte, as by supermarkte. Aankope kan begin teen 5 uur die oggend en eindig teen 11 uur op Dinsdae tot Vrydae, maar op Saterdae en Maandae, eindig dit teen 10 uur die oggend. Die Mandelamark het meer buigsame ure.

Kontanthandelaars wat werk vanuit twee ander sale, verkoop addisionele produkte soos droë bone, mieliemeel, koekies, bevrore hoender en partydjiehappies teen laer pryse as supermarkte.

Die mark is egter nie so gerieflik soos ‘n supermark, as dit kom by hoe mens betaal, of hoe om jou aankope na jou voertuig te dra, nie.

Waar is die Joburg Market geleë?

Die Joburg Market is geleë in City Deep, ‘n industriële voorstad,  sowat 5 km suid-oos van Johannesburg se middestad. Miskien ken jy dit uit sy vorige naam: “Johannesburg Fresh Produce Market”.

Aanwysings na die mark in Google Maps of Waze

Kopers en besoekers kan óf “4 Fortune Road” of “Bowles Road, City Deep” in Google Maps of Waze spesifiseer. Afleweringsvragmotors kan “Joburg Market Deliveries Gate” of “Fig Place Road, City Deep”in Google Maps of Waze tik.

Watter ingangshek moet kopers en besoekers gebruik?

Die ingangshek vir kopers en besoekers is by die kruising van Fortune- en Bowlestraat, City Deep, naamlik Fortunestraat 4, City Deep.

Watter ingangshek moet boere en vervoerders gebruik vir aflewerings?

Vragmotors wat aflewerings doen moet links draai vanaf Vickersweg, City Deep om die Fig Place straatingang te gebruik. Aanwysings vir die pad na die afleweringsingang is nie baie duidelik nie.  (Let op dat die Fortuneweg/Bowlesweg ingang slegs vir kopers en besoekers is.)

Hier is die roete as jy op reis is vanaf die middestad van Johannesburg op die M31 Heidelbergpad: Neem die Vickersweg- afrit, wat duidelik gemerk is. By die robot, draai jy regs. Ry verby die Engen Garage. Draai dan links by die volgende kruising, wat direk lei tot die Afleweringshek. (Vir ‘n baken, voor jy links draai sal jy in staat wees om ‘n ou myn hoofbedekking in die verte aan jou regterkant te sien,wat regteenoor die Multiflora blommemark is.) Vragmotors moet die Vickersweguitgang gebruik om die mark te verlaat.

Waar is die varsprodukte sale?

As jy by die hoofingang van die Joburg Market gebied inry, sal jy vyf lang sale voor jou sien. Die middelste drie sale vorm die hart van die mark. Van links na regs (of oos na wes) is die Groente Hub, die Vrugte Hub en die Aartappel & Uie Hub. Agter die Vrugte Hub is ‘n aparte skadugebied waar waatlemoene verkoop word. 

Die omliggende kontant-gebaseerde produktehandelaars in die markkompleks kry hulle voorraad van hierdie drie sale.

Watter deure moet ek gebruik om in die groot sale te kom?

Die sale wat aan die markagente toegedeel is word binne verdeel in afdelings van verskillende groottes. Die grootste afdelings is baie keer die grootte van die kleinste afdelings. Die afdelings van ‘n paar markagente beset beide kante van die sentrale paadjie, terwyl in ander gevalle ‘n markagent slegs een kant van die gang beset. Alle afdelings verskaf egter toegang tot die deurgang wat die hele lengte van elke saal deurloop. Dus maak dit nie saak, by watter deur jy oorspronklik die saal inkom nie. Sommige agente mag wel aandring, dat jy by hulle spesifike uitgang, uitgaan, as jy by hulle goed gekoop het. Dit is so, dat jy jou verwydering-strokie vir hulle kan gee, as jy uitloop met jou aankope.

Wanneer is die mark oop?

Die mark is oop vir kliënte in die oggend 05:00-11:00 (10:00 op Maandae en Saterdae). Aflewerings is in die middag en aand 14:00-04:00, Sondag tot Vrydag. 

Die Mandela Market en die ander winkels het langer ure.

Wat is die aflewerings-ure vir boere en vervoerders?

Amptelik, kan aflewerings van 14:00-04:00 gemaak word, Sondag tot Vrydag.

Waar kan kliënte parkeer?

Parkering en laairuimte is beskikbaar tussen die 5 sale en ook naby aan die Mandela People’s Market. Twee minder besige gebiede is langs die suidelike einde van Saal 2 (waar die administrasiekantore van die markagente geleë is) en aan die westekant van die Vrugte Hub, oorkant die Aartappel Hub. Jy kan deur die parkeerterreine loop, van saal na saal. Of jy kan van saal na saal loop, op die verhoogde platform aan die suidelike kant van al die sale. Wees tog waaksaam, want hierdie platform is altyd besig met vurkhysers wat produkte van een plek na ‘n ander vervoer.

Die Aankoop Proses

Maak Alles Toe
Wat is die aankoop proses?

Kliënte loop deur die produkte sale: die groente-, vrugte-, of aartappel & uie-sale. Hulle kan pryse, gehalte en beskikbaarheid tussen die markagente vergelyk. Hierdie agente beset vloeroppervlakte van verskillende groottes, wat langs of oorkant die paadjie van mekaar is.

Die kliënt wys vir die verkoopspersoon die items en hoeveelheid wat hy soek. Die verkoopspersoon sal ‘n prys gee, en indien dit aanvaar word, sal hy ‘n kode skryf op ‘n stukkie papier. Die kliënt neem dan hierdie strokie na die agent se hut saam met sy koperskaart. Die operateur plaas dan die koperskaart op ‘n kaartleser, wat drie strokies uitdruk en die koste van die aankoop van die koperskaart aftrek. Een van die strokies is ‘n verwydering-strokie wat benodig word by die uitgang van die agent se gebied. 

Die kliënt kry ‘n kruier of dra die aangekoopte produkte self. Daar is soms net een uitgang na buite beskikbaar by ‘n  agent se gebied, maar soms kan ‘n mens terug uitgaan na die middelpaadjie. As die uitgang, aan die teenoorgestelde kant van die saal is van waar jou voertuig geparkeer is, kan jy in ‘n lang pad loop, want elke saal is ongeveer 400 meter lank.

Watter betaalmetodes mag ek gebruik?

‘n Baie belangrike ding om te weet van die mark is die betalingsmetode en hoe hulle rekord van verkope hou. Kopers kan slegs by die mark koop met ‘n “koperskaart” wat die koper vroeër met kontant gelaai het. Gewone krediet- en debietkaarte kan nie op die mark gebruik word nie!  Die mark se rekenaarstelsel trek die aankoopswaarde van die koperskaart af en druk kwitansies en ‘n afleweringsnota wat ‘n “verwydering-strokie” genoem word. Terselfdertyd behou die rekenaarstelsel besonderhede oor die verkoop. 

Met ‘n verwydering-strokie in die hand, kan die koper sy aankoop uit die saal neem na sy voertuig toe.

 

Wat en waar is kliëntediens-sentrums en kassiere?

Kliëntediens-sentrums is die kantore waar aanstaande kliënte aansoek kan doen vir ’n koperskaart. Daar is ‘n kliëntediens-sentrum in elk van die drie produkte sale. Hulle is te vind, sowat halfpad af in die saal teen die muur.

Die sentrum vir die groentesaal is aan die westekant van die saal (dit is aan die regterkant, soos gesien vanaf die mark se Administrasiegebou). Dit is geleë langs ‘n twee-verdieping siersteen gebou wat die kassiere huisves. Deur nommer 418 is die naaste ingangsdeur.

Die sentrum vir die vrugtesaal is aan die oostekant van die saal (dit wil sê, aan die linkerkant soos gesien vanaf die mark se Administrasiegebou). Dit is geleë langs ‘n twee-verdieping siersteen gebou wat die kassiere huisves.

Die sentrum vir die aartappelsaal is aan die westekant van die saal (dit wil sê, aan die regterkant, soos gesien vanaf die mark se Administrasiegebou).

Daar is ook ‘n kliëntediens-sentrum in die mark se Administrasiegebou. Dit is aan jou linkerkant, as jy by die gebou inloop, net voor die sekuriteit se goedereskanderings-afdeling.

Kassiere (waar jy jou koperskaart met kontant kan aanvul) is geleë in elke saal en in die Administrasiegebou. Die hoof kassiere is geleë in 2-verdieping baksteen geboue aan die kant van elke saal. Daar is verskeie kassiervensters in elk van hierdie geboue. Daar is ook kleiner een-venster kassiere geleë naby die middelste gange van die sale. In die groentesaal is daar ook ‘n bykomende veelvuldige-venster-kassiere-gebou, wat geleë in die RSA markagentgebied, teen die laaste muur aan die noordelike eindpunt van die saal.

Hoe kan ek ‘n koperskaart kry?

Doen aansoek vir ‘n koperskaart by een van die kliëntediens-sentrums, wat geleë is in die drie produkte sale en in die hoof administrasiegebou. Jy moet ‘n vorm voltooi en jou Suid-Afrikaanse ID toon, of ‘n paspoort as jy van ‘n ander land is. Die koperskaart word dadelik, op die plek, uitgereik, so daar is geen vertraging nie.

Moet ek 'n Suid-Afrikaanse burger wees om 'n koperskaart te kry?

Nee, maar as jy nie ‘n Suid-Afrikaanse ID het nie, moet jy ‘n buitelandse paspoort saambring, wanneer jy aansoek doen vir ‘n koperskaart.

Wie kan 'n koperskaart kry?

Koperskaarte kan verkry word deur enige iemand wat ‘n Suid-Afrikaanse ID of ‘n buitelandse paspoort het. Vir elke koperskaart kan daar baie “sub-koperskaarte” wees; sodat, vir ‘n besigheid, ‘n paar verskillende kopers, terselfdertyd, in verskillende sale, kan aankope doen.  

Kan ek meer as een koperskaart vir my rekening kry?

Ja. Vir elke koperskaart kan daar baie “sub-koperskaarte” wees; sodat, vir ‘n besigheid, ‘n paar verskillende kopers, terselfdertyd, in verskillende sale, kan aankope doen.  

Hoe vind ek uit, wat die oorblywende balans, op my koperskaart is?

Jy kan uitvind hoeveel geld in jou rekening oor is, by enige van die kassiere of kliëntediens-sentrums.

  • Jy kan ‘n gedrukte staat by kliëntediens-sentrums kry.
  • Jy kan jou rekening se balans oor die foon ontvang by +27 (0) 11 992 8083. Hou jou koperskaartnommer byderhand.
  • Die oorblywende balans word gedruk aan die onderkant van elke “Market Sale Note – Customer’s Copy”. Dit is die kwitansie wat ‘n koper ontvang nadat hy vir ‘n produk met die koperskaart betaal het.
Is daar 'n OTM by die mark?

Ja. Daar is ‘n Standard Bank OTM en ‘n FNB OTM, langs die ingang van die Administrasiegebou. Standard Bank het ‘n tak op dieselfde plek.

Kan ek met ‘n kredietkaart of kontant of EFT betaal?

In die hoof produkte sale, naamlik groente, vrugte en aartappel & uie, mag slegs amptelike koperskaart wat deur die mark uitgereik is, gebruik word. Die koperskaart moet met SA rande gelaai word deur kontant te deponeer by ‘n kassier of deur ‘n EFT deposito te maak.

Kredietkaarte, kan nie in die produktesale, gebruik word nie. In die omliggende handelsgebiede word kontant aanvaar, en die koperskaart kan nie daar gebruik word nie. Dit geld vir die winkels en handelaars in Saal 2, Saal 9, die Unity Market, die Mandela People’s Market en Giants Cannery.

Hoe vind ek die verwysingsnommer vir EFT?

Die verwysingsnommer wat gebruik moet word vir EFT is bo- aan die regterkant van jou staat, langs “Your Bank Ref.” gedruk. Jy kan ook bel en vra vir hierdie verwysingsnommer by +27 (0) 11 992 8083. Ook gedruk op die staat is die mark se bankbesonderhede by Standard Bank, wat jy vir EFT moet gebruik. Let daarop dat die verwysingsnommer nie presies dieselfde as jou rekeningnommer is nie, want dit sluit ‘n paar ekstra syfers in. (Let op dat jou koperskaartnommer en rekeningnommer, verskillend is). Kliënte wat ‘n Standard Bank rekening het, moet die vooruit opgestelde begunstigde vir EFT doeleindes kies, en nie probeer om ‘n nuwe begunstigde te skep nie. Die vooruit opgestelde begunstigde staan ​​bekend as “City of Jhb Fresh Market”.

Algemene Inligting

Maak Alles Toe
Waar kom kliënte van Joburg Market vandaan?

Buiten kliënte van die groter Johannesburg-gebied, kom vragmotors gereeld uit verre dorpe soos Bethlehem in die Vrystaat en Vryburg in Noordwes, om voorrade van Joburg Market te laai. Daar kom ook groot vragmotors uit Zambië, Lesotho, Botswana en Mosambiek.

Waar is die boere geleë?

Boere wat hul produkte verkoop deur middel van die Joburg Market is geleë in Suid-Afrika en nabygeleë lande soos Mosambiek, Zambië en Malawi.

Hoe stel markagente die pryse van produkte vas?

Daar is geen veilings by die Joburg Market nie. Gebaseer op vraag en aanbod, stel die markagente self hul eie pryse vas, vir die dag (of selfs die uur).

Kan ek vir 'n laer prys onderhandel?

Ja! Die markagente stel hul eie pryse vir die dag (of selfs die uur), vas, gebaseer op vraag en aanbod. Aangesien daar geen vasgestelde prys is nie, hoef die verkoopspersone nie by die vertoonde pryse te bly nie. Dikwels sal die lysprys van die dag vertoon word langs die produkte, maar nie altyd nie. In die aartappelsaal, het die agente verskillende emmers gevul met verskeie groottes en toestande van aartappels, saam met die prys vir ‘n 10kg of 7kg sak. Groot aartappels word gewoonlik hoër geprys as kleintjies. Daar is geen veilings by die Joburg Market nie.

Gee hulle plastieksakke vir jou aankope?

Nee. Produkte word verkoop soos hulle dit gekry het, soos ’n aartappelsak of ’n boks appels.

Is trollies beskikbaar om jou aankope te dra?

Nee. Kruiers met trollies kan gehuur word om jou aankope na ‘n voertuig te dra. Vir groot hoeveelhede sal die markagente vurkhysers verskaf. Sommige mense bring hul eie draagbare trollies, of dra maar self hulle goed met die hand. Die kruiers vra sowat R10 per rit en kan uitgeken word aan die reflektiewe baadjies wat hulle dra.

Is daar mense beskikbaar om my aankope na my voertuig te dra?

Ja. Kruiers met trollies kan gehuur word om jou aankope na ‘n voertuig te dra. Vir groot hoeveelhede sal die markagente vurkhysers verskaf. Jy mag jou eie draagbare trollie(s) bring.

Hoe maklik is dit om 'n koper se voertuig te laai?

Of jou voertuig nou ‘n motor, ‘n bakkie of ‘n groot vragmotor is, daar is maniere om dit te laai. Die sale word omring deur platforms, wat omtrent die hoogte van ‘n groot vragmotor se laaibak is. Vurkhysers of hand-palet-jacks kan vol palette tot aan die rand van ‘n platform bring. Palet-jacks kan dan gebruik word om die produk tot binne die vragmotor se laairuim te skuif. Kleiner bakkies en vragmotors kan agteruitry tot teen die platform, om dan gelaai te word. Daar is afritte wat lei tot die algemene parkeergebied sodat enige voertuig bereik kan word van die platforms deur kruiers of kopers.

Hoe kan ek tussen sale beweeg?

Jy kan deur die parkeerterreine loop, of op die platform, wat geleë is aan die suidelike kant van die sale. Hierdie opgehewe platform, is nie vir ronddrentel nie, want dit word voortdurend deur vurkhysers gebruik. Jy moet wakker slaap!

Hoe weet ek watter produkte beskikbaar is?

Loop af met die middelste gang van elke saal om die uitstallings van al die produkte te sien. Jy kan ook kyk hoeveel en waarvoor 160 produkte, die vorige dag voor verkoop is, op die Joburg Market se amptelike webwerf. 

Wat se soort produkte word verkoop?

Jy kan ‘n lys van ongeveer 160 produkte kry op die Joburg Market se amptelike webwerf. 

Hoe maak Joburg Market sy geld?

Joburg Market vra ‘n fooi van 5% op alle produkte wat in die drie produktesale verkoop word.

Watter rol speel Joburg Market?

Die Stad van Johannesburg is die enigste aandeelhouer van Joburg Market. Die mark verskaf die infrastruktuur wat gebruik word deur die markagente en die omliggende handelaars. Daar word ook ‘n laboratorium bestuur. In ruil daarvoor ontvang die mark 5% kommissie op alle verkope van die produktesale.

Wat is die kompas oriëntering van die sale?

As jy van binne die mark se perseel na die hoofingang in Fortunestraat kyk, is die sale in lyn met noord-noord-oos.

Voer die markagente produkte in?

Markagente verkoop produkte van buurlande en lande verder weg soos Spanje en Egipte.

Wat van die koste van bederfde produkte?

Wanneer nodig, gebruik markagente oornag koelkamers om produkte te stoor en probeer verder om bederf te bekamp deur pryse te verlaag van produkte wat ouer word.

Wat is die koste vir die boer?

Boere behou eienaarskap van hul produkte totdat dit verkoop word aan ‘n koper. Wanneer dit verkoop word, neem die Joburg Market ‘n kommissie van 5% en die markagente ‘n onderhandelbare 7.5% kommissie. Boere betaal die koste van vervoer na die mark.

Wat is die geskiedenis van die mark?

Die oorspronklike mark is in 1893 gestig in Markplein in die middestad van Johannesburg, en het daarna na Newtown verskuif. Dit het van daar af na die huidige perseel in City Deep in September 1974 verskuif. In 2009 is sy naam verander na Joburg Market, vanaf Johannesburg Varsproduktemark.

Wat is die jaarlikse omset van die mark?

Jaarlikse verkope van produkte by die mark is sowat R8 miljard (R8000 miljoen).

Is daar toiletgeriewe by die mark?

Die toilette is geleë in klein geboue in die parkeerterreine, wat  tussen die sale is. Toiletpapier word uitgedeel by hulle ingange.

Is daar 'n kafee by die mark?

Daar is ‘n kafee, waar ‘n mens kan sit, in die sentrale eiland van die parkeerterrein tussen die groentesaal en die vrugtesaal. Daar is nog ‘n eetplek tussen die vrugtesaal en aartappelsaal

Kan my kinders saamkom na die mark?

Dit sou nie raadsaam wees om klein kinders na die mark te neem nie – daar is te veel gevare soos vurkhysers en hoë platforms.  Kinders 10 jaar en ouer mag dalk voordeel trek uit die ervaring.

Is daar enige gevare waarvan ek bewus moet wees?

Op die platforms rondom die sale is daar baie vinnig bewegende verkeer van vurkhysers wat produkte vervoer. Hou asseblief ‘n wakende oog oop.

Wie besit die mark?

Die Joburg Market word besit deur die Stad van Johannesburg. Verkoop van die produkte is die werk van ongeveer 15 markagente wat onafhanklik is van Joburg Market.

Wie is die boere / verskaffers?

Kommersiële boere van regoor Suid-Afrika en buurlande verskaf produkte aan die markagente, wat dit namens hulle verkoop. Sommige produkte word direk ingevoer deur die markagente vanuit die buiteland en word verkoop by die mark.

Waar kan ek meer inligting kry oor besonderhede van die mark?

Inligting oor die mark, insluitend daaglikse verkoopsvolumes en -waardes, is beskikbaar op die amptelike webwerf van Joburg Market.

Wie besit die produkte op die vloer?

Boere stuur hul produkte op besending (consignment stock) aan die markagente. Dit beteken dat die boere die eienaars van hulle produkte bly, todat dit aan die kliënte verkoop word.

Watter rol speel die markagente?

Markagente is besighede wat boere verteenwoordig om produkte aan kliënte te verkoop. Die agente plaas behulpsame verkopers by die drie sale om kliënte te help. Die markagente koop nie selfs van die boere nie. In plaas daarvan ontvang hulle ‘n onderhandelbare kommissie van sowat 7.5% vir die bestuur en verkoop van die produkte. Produktepryse word daagliks vasgestel deur die individuele markagente gebaseer op vraag en aanbod. Veilings word nie by die Joburg Market gebruik nie.

Hoeveel markagente is daar by die Joburg Market?

Daar is ongeveer 15 markagente by die Joburg Market. Sommige is gevestig en baie groot, terwyl ander onlangs begin het.

Waar is die markagente se admin kantore, en wat is hulle ure?

Die meeste agente het kantore bo in Saal 1 of Saal 2. As u die kantore van die markagente wil bel, doen dit asseblief voor 2 uur die middag.

Ander Markte en Winkels

Maak Alles Toe
Waar kan ek kleiner hoeveelhede kry?

Die hoofsale van die mark verkoop produkte in redelike klein hoeveelhede (afhangend van die soort produk) sowel as in hoeveelhede wat groot vragmotors kan vul. Buite die drie hoofsale, is daar ander winkels en markte in die Joburg Market gebied wat kleiner hoeveelhede verkoop.

Mandela Market outside at joburg market

Mandela Market

Watter ander winkels en markte is beskikbaar by Joburg Market?

Vir die koper wat verkies om kontant te gebruik eerder as die koperskaart, is daar’n paar keuse in die Joburg Market gebied: Unity Market en Pallet Traders Market is ‘n versameling van kleiner winkels wat vanuit garage-grootte geboue bedryf word, wat geleë is tussen die groente en vrugte hubs. Hulle is aan die suidelike punt van die mark, aan die agterkant van die platform wat al die sale bind. Hul produkte is uitgestal op die platform en het prysaanwysers op. Hulle kry hul produkte van die hoof marksale.

unity market at joburg market

 Unity Market by Joburg Market

 

Mandela People’s Market is soortgelyk aan Unity Market met ‘n versameling van stalletjies en ‘n groot onbemuurde ruimte bedek deur ‘n dak. Om dit te vind, draai links nadat jy deur die hoofingang gery het, dan weer links binne-in die parkeerterrein. Hierdie mark maak later as die hoofmark toe. Soos met die Unity Market, kry hulle ook hulle produkte van die drie hoofsale. Trollies en sakke word nie voorsien nie. Kruiers kan gevind word om te help dra.

Mandela market inside at joburg market

Handelaars by Mandela People’s Market

 

Apple Queens is ‘n kruidenierswinkel geleë op die noordelike einde van Saal 2. Hulle verkoop ‘n goeie verskeidenheid van vars produkte in kleiner hoeveelhede. Hulle voorsien wel trollies wat jy by ‘n afrit na jou voertuig kan stoot. Biscuit Mart en Food for Life is geleë in Saal 2 langs Apple Queens. Biscuit Mart verkoop slegs koekies. Food for Life verkoop ‘n verskeidenheid van gedroogde bone, mieliemeel en soortgelyke produkte in klein en groot pakke met aansienlik laer pryse as groot supermarkte. In Saal 1 is daar winkels, waaronder Morningdew en Rebelo, waar verpakkingsmateriaal verkoop word van die tipe wat ‘n boer sal gebruik om sy produkte mee te verpak, soos sakke. Hulle verkoop ook landbou-toerusting, kunsmis en saad.

Market Cash & Carry verkoop ‘n verskeidenheid van goedere en is geleë langs die hoof administratiewe gebou. Draai regs na die mark se ingang en regs by die parkeerterrein wat anderkant die administrasiegebou is. Hulle aanvaar kredietkaarte. Daar is ook ‘n drankwinkel daar.

Langs die parkeerterrein van Mandela People’s Market is daar ‘n ry van klein winkels, insluitend ‘n vissery.

Saal 9 is die laaste groot saal, geleë op die westelike kant van die mark. Hier is getalle groothandel-winkels. Hulle verkoop groot buise van happies soos gekleurde springmielies, en koeldrank, asook grootmaat hoeveelhede van kommoditeite soos rys, neute, en gedroogde sop mengsels.

Giants Cannery is ‘n inmaakfabriek geleë aan die suidelike punt van die perseel. Jy moet reg rondom te ry na die agterkant van die perseel toe om daar inkopies te doen. Hulle verkoop ‘n verskeidenheid van ingemaakte groente, sop en konfyt. Hulle is nie gerig vir die gerief van kopers nie, maar hulle pryse is goed. Twaalf blikkies in ‘n pak is hul minste bestelling.

Wat is die Mandela People's Market se ure?

Die amptelike ure is 06:00 tot 11:00 in die oggend, Maandag tot Vrydag, en tot 10:00 op Saterdag. Maar die Mandela Market (sy kort naam) is gewoonlik oop teen later as dit.

 

Aanwysings na Giants Cannery en ure vir aankope

Om van Giants Cannery te koop, moet jy al die pad omry in die rigting van die Aflewerings-hek, agter die sale op die suidekant van die markgebied. Nadat jy deur die hoofingang gery het, draai regs en volg die ringvormige pad na die agterkant van die mark. Aankoopsure is: 09:00-16:00, Maandag tot Vrydag.

Is Multiflora blommemark deel van Joburg Market?

Die blommemark is naby, in die omgewing van City Deep, vanaf Vickersweg. Die Stad van Johannesburg, wat die eienaar van Joburg Market is, besit nie die Multiflora Flower Market nie. Multiflora hou veilings vir blomme en daar is ook blommewinkels en ander winkels soos vir bruid bykomstighede op sy perseel.

Die Koperskaart

Joburg Market Buyer's card

HUNGRY?

Fruit and vegetables can fill your stomach.

But what about food for your spirit?

Satisfy your spiritual hunger.

Visit Keybooks.co.za and browse a selection of Bibles and Christian books. Bibles are available in English, Afrikaans and isiZulu.